Hou onthou jy mnr. Hendrik Schoeman, eertydse Minister van Landbou? Dié vraag is op LBW se Facebook-blad gevra nadat me. Tracey Baard 'n foto aangestuur het van dié voorblad, wat sy in 'n leë werkershuisie op die plaas Soverby, aan die voete van die Gannaga Pas, in die Tankwa-Karoo, gevind het.

Van die kommentare was:

James Groenewald: Hy het gesê dat SA se boere "die beste in die wêreld is. Vertel hulle vandag daar is 'n tekort, en in drie jaar se tyd het ons 'n surplus."

Joyce Fouche: Die hoenderboere was een keer ongelukkig omdat hy gesê het 'n hoender is die helfte van " boggerall". Rooivleis boere het dit geniet!

Margaret Tosen: My pa het my dié staaltjie vertel: Oom Hendrik se seuns was baie skaam vir sy swart Buick-staatsmotor. So, elke keer wanneer hy in Standerton vir die seuns in die koshuis gaan kuier het, het hy altyd 'n swartman naby gestop, geldjie in die hand gedruk en met die fiets vir die kinders gaan kuier.

Elsie Henning: Hy het gesê as jy niks het om te doen nie, dan grawe jy 'n gat en gooi hom weer toe.

Reon van Tonder: "Jys lekker vet, jou maergat" ‘n uittreksel van n grappie wat hy vertel het. Ja dit was goeie ou dae.

Jan van Rensburg: Ek onthou dat hy verwys het na sekere soort boere as "flentergat" boere. As ek so na my eie opset kyk dan dink ek nogal ek weet presies wat hy bedoel het.

Cross Basson: Toe ek op Delmas begin skoolhou het, is ek aan hom voorgestel. Ek sê toe: "Aangename kennis, meneer!" Hy sê toe vir my: "Ek is nie 'n meneer nie. My naam is Hendrik!" Van daar af was hy maar Oom Hendrik. Een van die nederigste mense wat ek geken het met 'n hiper fyn sin vir humor. Een van daardie geweste se lieflingkinders!

Monty Peet: Wens ons kon weer so ‘n Minister van Landbou kry. Hy het ons boere goed opgepas.

Het jy 'n vertelling wat jy wil byvoeg? Skryf dit in die kassie vir kommentaar hieronder.