Onder dié produkte tel 'n reeks klere, asook spesiale wyn en voorblaaie. 

Wees op die uitkyk vir die Landbouweekblad 100-logo op artikels met ’n beperkte uitgawe, soos ’n nuttige mes en wyn van Beyerskloof. 

Dié artikels kan aanlyn van Landbou.com se winkel bestel word. ’n Reeks yskasmagnete met van Landbouweekblad se mooiste voorblaaie word ook verkoop. 

Landbouweekblad se eeufeesgedenkuitgawe van 228 blaaie is vanaf 8 Mei te koop. Alles van werkende honde, wegholbrande en die wolboom, tot karakoel-modes, muilspanne, dassiejagters, veteraantrekkers, boerekos en pruimtwak is in die tydskrif te sien. Ons plaas ook ’n keur uit ’n eeu se voorbladstories, voorblaaie, foto’s, spotprente, geelblad-advertensies, rekordoeste, boerekultuur en tegnologiese deurbrake.

Nog ’n lekker geskenk vir die hele gesin is ’n spesiale uitgawe van die bordspeletjie Boereplaas met sketse van Fred Mouton. En die karakters is almal lesers van Landbouweekblad

Klik hier om 'n brosjure van LBW 100-produkte af te laai.

Bestel só:
Besoek ons winkel by http:// winkel.landbou.com/, stuur 'n epos aan koop@landbou.com of bel vir Nazeema White-Moos by 021 406 2575. Pryse sluit versending in.


Die Landbouweekblad 100-logo is op nuwe klere aangebring om die eeufees te herdenk. Dié tweesak-boshemp vir mans is teen R380 beskikbaar.
Die Landbouweekblad 100-logo is op nuwe klere aangebring om die eeufees te herdenk. Hempde, beskikbaar vir mans en dames, se pryse wissel teen R400 en R410.
Die Landbouweekblad 100-logo is op nuwe klere aangebring om die eeufees te herdenk. Hempde, beskikbaar vir mans en dames, se pryse wissel teen R400 en R410.
Die Landbouweekblad 100-logo is op nuwe klere aangebring om die eeufees te herdenk. Dié Kalahari Bush-baadjie is teen R760 beskikbaar.
Die Landbouweekblad 100-logo is op nuwe klere aangebring om die eeufees te herdenk. Dié Soft Shell-baadjie is teen R660 beskikbaar, vir mans en dames.