In 1923-'24 word 765 000 ton mielies word op 1,56 miljoen ha aangeplant teen 'n gemiddelde opbrengs van 0,483 t/ha.

In 1952-'53 was die gemiddelde opbrengs per hektaar die eerste keer hoër as 'n ton, naamlik 3,17 ton mielies op 3,13 miljoen ha teen 1,012 t/ha.

In 1967-'68 is die grootste hoeveelheid kommersiële mielies tot nog toe aangeplant: 4,73 miljoen ha. Tog is die totale produksie net 5,17 miljoen ton teen 1,12 t/ha.

In 1973-'74 is die nasionale dubbelsyferproduksie vir die eerste keer behaal: 10,6 miljoen ton op 4,46 miljoen ha. Die gemiddelde opbrengs was 2,37 t/ha.

In 2016-'17 is die grootste mielie-oes nóg (16,7 miljoen ton) op 2,63 miljoen ha verbou teen 6,37 t/ha.

Die afgelope jare het die planttyd in die westelike somersaaigebied ál later begin verskuif. Daarmee saam het dit noodsaaklik geword om so vinnig moontlik te plant.

Op 16 Januarie 2016 het dit uiteindelik oor die westelike deel begin reën. Volgens Graan SA is daar toe 700 000 ha in tien dae aangeplant - teen 1,26 miljoen mieliepitte per minuut.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.