In die afgelope meer as ’n eeu het verskeie windpomphandelsname in Suider-Afrika verskyn. Southern Crossen Climax word steeds deur Southern Cross Industries in Bloemfontein gemaak.

Southern Cross Industries (Edms.) Bpk. het in 1939 begin sake doen in die voormalige Unie van Suid-Afrika as die Southern Cross Windmill and Engine Co., wat windpompe versprei het vir die Australiese SouthernCross-organisasie. Die fabriek was in Queensland, Australië.

’n Advertensie van Southern Cross-windpompe in Lan
’n Advertensie van Southern Cross-windpompe in Landbouweekblad van 5 Julie 1950.

Die vraag na Southern Cross-windpompe het in die 1950’s só toegeneem dat ’n fabriek vroeg in die daardie dekade in Bloemfontein gebou is – en tot vandag toe nog sake doen.

Southern Cross het in 1999 die ikoniese Climax-windpompe begin maak ná hy ’n ooreenkoms met Stewarts & Lloyds aangegaan het.

Stewarts & Lloyds word sedert1942 met Climax verbind toe hy die Suid-Afrikaanse lisensie van die Britse firma Thomas & Son gekoop het.

Teen 1974 is meer as 150 000 Climax-windpompe by die fabriek in Vereeniging gemaak. Teen 1996, net ’n paar jaar voor Climax by Southern Cross aangesluit het, is nog 50 000 windpompe vervaardig.

* Bronne: www.stewartsandlloyds.co.za en www.southx.co.za

Dié artikel het in gedenkuitgawe vir Landbouweekblad se 95ste verjaardag verskyn.