Mnr. Danie Visser van Blouergrand het dié staaltjie in 2011 aan Theuns Botha vertel.

Hy het 'n groot skeersel op die mark gehad en het vooraf bereken teen watter prys dit moet verkoop om sy koöperasieskuld te betaal. Toe die afslaer by sy lot in die katalogus kom, het hy van pure senuwees al die helfte van sy pakkie Rembrandt van Rijn opgerook. Toe die bieëry 40 pennies per pond haal, het hy sulke diep teue aan sy sigaret begin vat.

En toe die bod by 60 pennies kom, het hy geweet hy sal sy skuld kan betaal. Met die bod by 78 pennies kon oom Frans homself nie meer in bedwang hou nie, en hy het uit die galery geskree: "Sell the wool!"

Toe die lot 100 pennies per pond verbysteek, het oom Frans weer opgevlieg en op die afslaer gegil: "Sell the bloody wool, man!"

Met die hamer wat uiteindelik op 163 pennies per pond getik is, het oom Frans agtergekom dat sy halfgerookte sigaret skoonveld is. Al wat hy kon dink, is dat hy dit met die opgewondenheid iewers tussen 100 en 163 pennies ingesluk het.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.