In 2011 het die landboumaatskappy Du Pont die Economist Intelligence Unit gevra om ’n wêreldwye voedselsekerheidsindeks (GFSI) saam te stel. Die indeks berus op drie pilare, naamlik die bekostigbaarheid, beskikbaarheid, asook die gehalte en veiligheid van voedsel.

Suid-Afrika is 46ste op die lys van 109 lande wat by die ondersoek betrek is. Wat die beskikbaarheid van voedsel betref, beklee Suid-Afrika die 32ste plek. Wat bekostigbaarheid (52ste) en veiligheid (56ste) betref, vaar ons swakker.

Sedert Landbouweekblad die eerste keer verskyn het, was daar deurentyd ’n strewe om voedselsekerheid te bevorder – al was dit lank voordat globalisering met sy eie tydse uitdagingsbehoorlik posgevat het.

Die eerste redakteur, dr. F.E. Geldenhuys, het op 10 Desember 1919 die name van vier mans aangekondig wat “binnekort” na Amerika sou vertrek om vier jaar lank in die landbou te gaan studeer. Die doel was om beter boere vir Suid-Afrika op te lei.

Depressie en droogte

Uit die tydskrifargief blyk dit dat die Depressie en droogte van die vroeë 1930’s – toe selfs die Vaalrivier opgedroog het –voedselsekerheid geknou het. Die oogmerk van die Bemarkingswet van 1937 was egter om prys- en produksieskommelinge te beperk en gereelde voedselvoorraad te verseker.

Reeds in 1919 het die lesers van Landbouweekblad intensief belang gestel in die jongste “motortrekkers”. In Oktober 1919 het Die Landbouw-weekblad berig van die eerste demonstrasie van masjinerie wat by Elsenburg gehou is. Die tema was “Mesienkragse Doeltreffendheid”, en onder die trekkers wat gedemonstreer is, was die Advance, Bull, Fordson, Cleveland en Mogul.

Meganisering in die landbou het eers ná die Tweede Wêreldoorlog op ’n breë grondslag werklikheid geword, en produksie kon toe uitgebrei word. Tydens die oorlog het die regering die meeste van Suid-Afrikase voedselvoorraad vir die manskappe van die Geallieerde Magte uitgevoer en voedselsekerheid in Suid-Afrika was benard.

In die oorlog het selfvoorsiening ten opsigte van kos besonder belangrik geword. Ondersoeke is gedoen om te bespaar op die vervoer van voedsel en om metodes te kry om groot hoeveelhede voedsel lank op te berg.

’n Omvattende, versiende navorsingsbeleid is in 1944 vir die eerste keer opgestel. Veeverbeteringskemas is ingestel en teelprogramme vir roesweerstand by koring, asook die ontwikkeling van hoëlisien-bastermielies met ’n hoë opbrengspotensiaal is van stapel gestuur.

In die dekades daarna is aandaggegee aan onder meer:

  • Verbouingspraktyke, snoeienboordbestuurspraktyke.
  • Plantsiektes en -plae, asookveesiektes.
  • Meer bestande kultivars watdie gebruik van plaagmiddelsverminder.
  • Geïntegreerde biologiese bestryding.

Landbouweekblad het nie atyd met die navorsers saamgestem nie. Skakel Kriek, die redakteurvan 1955-1964, het die navorsers uitgedaag wat gesê het dit was nie moontlik om koffie en tee in Suid-Afrika te verbou nie omdat van die tydskrifse lesers dit reeds gedoen het

En terwyl die landboubeheerrade volgens Skakel die “ritteltit” gekry het oor oorskotte, het hy sy lesers aangespoor om soveel moontlik te produseer, “want in’n wêreld wat elke dag duisende eters meer bykry, kan ons nie produksiekwotas hê nie.”

Hy het die beheerrade selfs gewaarsku om nie produksie-oorskotte te ontmoedig deur die produsentepryse te verlaag nie.

Vryemarkstelsel

Deur die dekades het voedselsekerheidterugslae beleefweens droogtes, vloede en brande. Op 6 Mei 1969 het Landbouweekblad ook berig dat die hoenderplaas Lemoenkloof naby Kaapstad weer in volle produksie was nadat dit die vorige jaar 420 000 hoenders weens Newcastle-siekte verloor het.

Ná die aanvaarding van ’n vryemarkstelsel in die laat 1990’s het die handhawing van ’n balans tussen die uit- en invoer van voedsel die spil geword waarom voedselsekerheid draai.

Dr. Pieter Mulder, vorige Adjunkminister van Landbou, wys daarop dat hy tydens sy termyn met die landbouminister van Viëtnam moes onderhandel omdat Suid-Afrika in ’n stadium nie genoeg rys gehad het nie.

Dr. Kraai Van Niekerk, voormalige Minister van Landbou,wys daarop dat Suid-Afrika ook moet waak teen die invoer van voedsel wat nie aan aanvaarde gehaltestandaarde voldoen nie.

Hongkong is byvoorbeeld die wêreld se grootste heuningprodusent, hoewel daar nie een byekorf is nie. Hongkong koop eenvoudig alle heuning waarop hy sy hande kan lê, verhit dit tot kookpunt en filtreer dit totdat dit omtrent net suikerwater is.

Volgens Pieter is dit ’n reusestap in die regte rigting dat voedselsekerheid deesdae wêreldwyd hoog op die politieke agenda is. “Selfs nie die Regering kan daaraan ontsnap nie – veral nie wanneer daar oor grondhervorming gepraat word nie.”

Dié artikel het in gedenkuitgawe vir Landbouweekblad se 95ste verjaardag verskyn.