In Landbouweekblad van 15 Mei 1987 het Louw Pretorius uit Frankryk berig oor ’n robot wat “dag en nag” appels kan pluk.

“Ander ontwikkelinge wat aan die gang is, is robotte vir besproeiing, snoei in plantasies, die hantering sowel as die gradering en verpakking van vrugte, die hantering van suiwelprodukte, asook eiers en bevrore produkte, die oes van tamaties en aarbeie en selfs een wat koeie kan melk — ook op ’n Sondag!”

In Januarie 2014 berig Glenneis Kriel dat die vrugtebedryf nog ver agter die wynbedryf is wat meganisasie betref. Baie boorde op vrugteplase is egter nog nie aangelê vir die gebruik van masjiene nie.

Dié artikel het in gedenkuitgawe vir Landbouweekblad se 95ste verjaardag verskyn.