“Nou-se nylonkinders weet mos áls. Hulle word met daai slim gebore,” kan ’n oorblufte grootmens wel sug wanneer ’n kind jou byvoorbeeld inlig: “Herrie van Riebeeck het die visse met sy skepe gejaag.”

Feite sneuwel nie altyd nie; kinders het net vars sienings. “Pietertief het die Groot Trek uitgevind,”  en Piet Retief se besoek aan Dingaan “was effens onsuksesvol. Dink Aan het vir Pietertief nietig verklaar, want Dink Aan kon enigiemand wysig en selfs vel.”

Aan sprokies gee hulle ekstra dimensie. “Wolf jaag vir Kooikappie met klippe; Sneeuhutjie kry skylte by die sewe drugs se asplek; Gouelokkies en die drie boere” en .?.?.

“Aspoegstertjie word gedurig met skuldige oë aangekyk; die verkeerde skuld word altyd vir hom gegee. ‘Aaskoek maak ons die hoenders-goed in,’ kla die stiewe. ‘Ons maniere is julletemal opgebruik met hierdie kind.’ ’n Veetjie gee vir Askoster taxi fee om te gaan stofskop. ‘Gaan smyt jou lekker! Haal al jou drawwe en stepse uit, en rittelbeen fynkatryn. ‘Maar, ondou, twaalf-goed is twaalf-goed, dans jou lift daar, dans jy trig.’  Spoe stertjie is die prins se langarmpie. Hulle is optellerig met hulle voete, hulle trap ’n stampvoet. Die ou prins is ’n ou heks.”

Voort, na verrassende vlugsake-inligting.

“Vliegtuie vlieg hoog bo horkane. Die drywers is nigterder as op paaie. Maar lugstasies het min paarkeering. Rys by lughawes is duur. Vliegkos proe sleg. Vliegmasjiene kan haaijekket word en kan vratsongelukke in die lug oorkom. Bome word uit oorlogsvliegtuie gegooi.”

Oor “lambousake” en “boeredye”:

Hoe kan boere voorsorg tref teen droogtes? “Boer waar dit reën. Bou riviere. Eet die mierdreit lewedige goed voorle opdood. Syf water op in emmers en skodtels. Lei woestyne nat.”

Watter probleme ondervind veeboere? “Diere swerf te voet en wandel in die berge, dis moeilik om hulle te vind. Dans sit jakilse, dans sit katte.”

Vervoermiddels vir plaasprodukte .?.?.  “fietse, volstruise, pyplyne, lugballonne.”

Reën bring verligting want .?.?. “dan droog die diere nie uit nie. Reën bepaal plante se groeikoors. Reën keer sandduine wat huise omwai.” 

Ontspanning op plase? “Neem die veeboerdery vir ’n uitstappie.”

Waarom is hierdie landstreek ’n goeie boerderystreek

“Die son skyn genoeg, want die son kom wertiekaal op. Die vrugbaard grond berei wietemiene vir vrugte plant. Dan vind daar bome plaas, dit trek boerdery aan.”

Waar kry jy geskikte plase vir suiwelboerdery? “Spry uit en soek, ewers sal jy geskikte plase kry om suiwel te plant."

Dui op die kaart aan waar die hoogste reënval voorkom: “Onder en regs.”

CV-skryf kan skeefloop: “Ongelukkig het die hoof met medelye die lewe gelaat voor hy my CV kon skryf.”

Dus, voorbeelde van sélfdoen: “Heil die uwe. Bogenoemde persoon stel graag belang in werk. Hiermee verstrek ek my CV. Ek word gelas deur werkloosheid in baie ernstig gelig.

‘‘Ek was ’n ontsettende aanwins vir die skool. Met matriek was ek noodgedwonge onder die ouderdom van een-en-twintig. Ek wys belowende simptome vir ’n toekoms. Ek is vaardig met selfvertroue. Ek geniet debate. Ek stap graag. Ek voldoen aan leierseienskappe. Ek maak my nie skuldig aan gedragskode nie. My reaksie is ernstig dringend privaat en vertroulik.”

Sukses is egter nie gewaarborg nie. “Ek het by die bank aansoek gedoen. Ongelukkig het die bank alles in hul vermoë gedoen om my te help, maar my aansoek was onsuksesvol.”

Uit: Landbouweekblad, 15 Junie 2012
Hetta Hager woon vir die grootste deel van haar lewe in die Noord-Kaap met sy besondere beeldryke Afrikaans. Sy lê haar toe op die navorsing van Oranjerivier- en Griekwa-Afrikaans en laat publikasies wat in dié dialekte geskryf is, die lig sien.