“Die plaas is my lewe.Dis waar ek hoort,” het hy aan Landbouweekblad gesê ná sy sege in die Amerikaanse Ope.

Gary het in 1974 die stoetplaas Rietfontein in die distrik Colesberg gekoop. Grondmonsters van oor die land heen het getoon dié distrik is die beste geskik vir die teel van renperde.

Colesberg se klimaat van ekstreme temperature onderdruk parasiete en perdesiektes en is dus ideale perdeteelwêreld.

Die bekende gholfspeler het destyds selfs in adver
Die bekende gholfspeler het destyds selfs in advertensies, soos hierdie advertensie wat in 1965 gepubliseer is, verskyn.

In die 1965-artikel skryf Koos van der Merwe: “Oor sy liefde vir die boerdery kan die gholfheld nooit uitgepraat raak nie. Die plaaslewe sit in sy bloed; ’n mens sal dit met ’n sambok nie uit hom kan kry nie.”

In 1968 skryf Bennie Neethling ná ’n besoek aan Gary se plaas in Magoebaskloof van ’n stal vir 21 perde wat pas voltooi is. “Dié stal se koste beloop die aardigebedrag van R17 000 tot R18 000. Elke perd het sy eie vertrek watvan ’n skuifdeur voorsien is.”

Ten tyde van die onderhoud was Gary byna weer op pad na Amerika om aan ’n gholftoernooi deel te neem. Op ’n vraag of hy nie self ’n vliegtuig gaan aanskaf nie, het hy geantwoord: “Nee, ek koop liewer perde en plase.”

Dié artikel het in gedenkuitgawe vir Landbouweekblad se 95ste verjaardag verskyn.