Hy hou swartwitpense, swart rooibokke en goue hartbeeste op ’n deel van sy pa, George, se plaas aan waar dié met beeste boer, asook op ’n plaas daarnaby wat Charl uit die wêreldbekende bokser Corrie Saunders se boedel gekoop het nadat laasgenoemde vermoor is.

George sê Charl het op die plaas grootgeword en het altyd van boerdery gehou.

Hy kom so gereeld moontlik plaas toe wanneer hy nie oorsee gholf speel nie. Hy het ’n bestuurder wat na sy sake omsien wanneer hy weg is.

Charl het reeds ’n hele handvol toernooie gewen, waaronder die Amerikaanse Meesters.

Dié artikel het in gedenkuitgawe vir Landbouweekblad se 95ste verjaardag verskyn.