Dié artikel het in gedenkuitgawe vir Landbouweekblad se 95ste verjaardag verskyn.

Hul ma, Jo-Heléne, ’n onderwyseres, sê die twee manne kom so gereeld moontlik plaas toe, maar die rugby hou Jannie (’n stut en gekwalifiseerde mediesedokter) en Bismarck (haker) tans nog baie besig. Hulle speel ook vir die Haaie.

Die Du Plessis-familie verboumielies, sojabone en suikerboneen het ook ’n Beefmaster-stoetery, kommersiëlevleisbeeste en SA Vleismerinoskape.

“Veral beeste lê hulle na aan die hart. Hulle is redelik betrokke by die boerdery. My man, Francois, is siek en kan nie meer boer nie. Die boerdery word nou deur ’n bestuurder gehanteer,” vertel sy.

Jo-Heléne is oortuig haar twee bekende seuns gaan eendag heeltyds boer wanneer hulle nie meer rugby speel nie.

“Van die Bybelse tyd tot vandag toe was daar mense wat lief was vir landbou. Dit sal nooit verander nie. Dis lekker om in ’n groeiende en ontwikkelende sektor van die Suid-Afrikaanse ekononie betrokke te wees. Die potensiaal van die landbou in Suid-Afrika en wêreldwyd is onmeetbaar groot,” het die twee broers aan Landbouweekblad gesê.

Die tydskrif toer saam na die buiteland. “As ’n mens vier weke op ’n slag in die buiteland toer, is daar nie ’n deel van die tydskrif wat jy nie lees nie. Baie van ons gesprekke begin gereeld só: ‘Het jy daai mooi bul op bl. 94 gesien?’”

Bismarck lees die tydskrif in diepte deur, hetsy die gedrukte of aanlyn-weergawe. “Ek geniet Chris Burgess se redaksionele rubriek, want dit laat ’n mens dink, maar ek leer iets nuuts in elke liewe uitgawe. Die tydskrif is propvol waardevolle inligting.”