Hy het die rofstoeikryt in 1948 betree en die skares vir 30 jaar met sy krag en vernuf vermaak. Manie het selfs oorsee gaan stoei. Hy het in 1978 uitgetree en van toe af net geboer.

Sy verbintenis met die Brahmanbedryfhet in 1960 begintoe hy by die Brahman-beestelersgenootskapaangesluit het. Hy bestempel sy vrou, Beatrice, as sy grootste bondgenoot. Sy het in ’n stadium beeste in Amerika gaan koop.

Later het hulle met 600 beeste op hul plaas naby Pretoria geboer. Hulle het later die grond verkoop en na Pretoria verhuis. Manie is verlede jaar op die ouderdom van 93 jaar oorlede.