Hy is ’n voormalige voorsitter van Agri Limpopo en was in 2007 die provinsie se Boer van die Jaar en ’n finalis vir die Nasionale Boer van die Jaar.
John boer met Bonsmarabeeste, Boerbokke, Dorpers en wild en is die eienaar van Boelamien Safari’s in ’n omgewing waar boere voortdurend planne moet maak om die natuur se aanslae af te weer. Benewens die grootste struikelblok– droogtes – het hy ook met roofdiere te doen.
Hoewel die Limpoporivier ’n hanetree van sy huis af verbyvloei, is besproeiingsmoontlikhede nie onbeperk nie, want die rivier vloei nie altyd nie. Dit reën ook min.
John moet vindingryk weesom te sorg dat sy vee en wildaltyd genoeg kos het. Daarvoor het hy ’n voervloeiprogram ontwikkel met aangeplante weiding onder besproeiing (lusern, bloubuffelgras, stergras en radyse) om die natuurlike veldweiding aan te vul. John maak verder hooi van die oortollige aangeplante weiding, baal dit en berg dit op.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier