Hier word hy voorberei om op die Royal-skou in Pietermaritzburg mee te ding. Die skou van 26 Mei tot 4 Junie 2017 was die 167ste keer 'n toonvenster vir die landbou in KwaZulu-Natal.

Die program lê veral klem op die veebedryf, maar daar is ook genoeg werktuie sodat besoekers 'n wye reeks landboumasjinerie kan sien.

* Hierdie foto het oorspronklik in die Landbouweekblad van 16 Junie 2017 verskyn.