Hierdie foto is op 7 Junie 2017 geneem, die dag waarop die meeste verwoesting in die omgewing plaasgevind het. Hier vergader brandbestryders op die melkplaas Cairnbrogie terwyl die brand na Kranshoek naby Plettenbergbaai versprei.

Groot dele van die plaas is in puin gelê. Talle organisasies, waaronder die Knysna-boerevereniging, is betrokke by pogings om hulp te verleen.

* Hierdie foto het oorspronklik in die Landbouweekblad van 23 Junie 2017 verskyn.