Boere hetpaaie met trekkers, bande, stewels en hooibale geblokkeer om hul ongelukkigheid te kenne te gee oor die afskaffing van melkkwotas in die Europese Unie.

Die afskaffing het tot ’n dramatiese daling in melkpryse gelei. Die EU het in reaksie op wydverspreide betogings miljarde rande se bykomende subsidies bewillig.