Dit is in 2016 in Egipte gehou, waar tien spanne teen mekaar sou meeding.

Gimkana het sy oorsprong in Indië. Dit het begin deurdat Indiese ruiters tentpenne in die verbyjaag uit die grond moes trek. In Brittanje staan die sport steeds as tent pegging bekend.

Die vyf mans, mnre. Daniel Jordaan, Wim du Toit, Johan Jordaan, Basie Heckrood en Manie van Wyk, het in al die individuele én span-afdelings Irak, Brittanje en Amerika die loef afgesteek. Suid-Afrika het 858 punte ingesamel, Irak was tweede (683,5 punte), Brittanje derde (578,5 punte) en Amerika laaste (467,5 punte).

Amerika se span is gelei deur me. Lindsay Lake, ’n oud-Suid-Afrikaner van Ugie. Westelike Provinsie Tent Pegging het die perde voorsien, wat lukraak aan die ruiters voorsien is. Geen ruiter word toegelaat om sy eie perd te ry nie.

Ná die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in September 2015 sou ’n span gekies word vir die wêreldbekertoernooi.