Mnr. Zander Ernst van die Allesbeste-boerdery het op die Maluma-simposium van een avokadoproef na die ander vir kwekers en belangstellendes vertel waar en hoe die nuutste navorsing gedoen word om die Maluma-kultivar in die binnebaan van avokadoproduksie te plaas.

Hier vertel hy hoe hy 2 300 bome per hektaar in ’n dubbelry aanplant vir ’n proef met Tutula-opleistelsels. Daar was vanjaar 515 afgevaardigdes op die simposium waarvan 54 internasionale gaste was, 53 was staatsamptenare en 56 opkomende boere.

Byna die helfte van die gaste was avokadokwekers wat beteken amper 70% van Suid-Afrika se kwekers was bymekaar om oor dié een kultivar te praat