Me. Adriana Theunissen, van Bhejane, sê dit het ook goed gereën in die berge, vanwaar die afloopwater plaasdamme laat vol loop en landerye sopnat gelaat het.

“Ons laaste behoorlike reën was in Februarie 2018, maar ons het vier jaar laas ons gemiddelde jaarlikse reënval gehad.” Weens die droogte was die wild se aanwas kleiner, en hulle kon nie nuwe diere bykoop nie.

“Ons voer sommige van ons skaars wildspesies nou al die afgelope drie jaar aaneen.” Sy sê hulle het dringend opvolgreën nodig."

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.