Mnr. George Steyn, op wie se plaas die persele geplant is, sê hulle het dit eers in Januarie geplant en het tot dusver net 230 mm reën, meestal ligte buie, gekry.

Die langtermyngemiddelde reënval op die plaas is 550 mm-600 mm.

Die persele lewer merkwaardige resultate, soos dat mielieplantstande van tot 60 000 moontlik is, en saad vir ’n dekgewasmengsel wat mielies, soja, sonneblom, lablab (dolichos), sunhennep, babala, sorghum, radyse, akkerbone en tef insluit, net sowat R500/ha kos.

Die groot en klein sade is in verskillende bewerkings geplant.

Nadat die dekgewasse bewei is, gaan daar volgende seisoen mielies geplant word.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.