Mnr. Willie Haarhoff, ’n boer die omgewing, sê talle boere in sy distrik kon nog nie een pit plant nie. “Van die boere het sonneblomme probeer plant, maar die saad het weens die droogte en die hitte nie opgekom nie,” sê hy.

Hy het die afgelope seisoen reënbuie van 5 mm tot 6 mm gekry. Die distrik se gemiddelde reënval is sowat 480 mm per jaar, maar in 2013 en 2015 het hulle nie eens 200 mm gehaal nie.

Mnr. Nicky Fourie van The Oil Shoppe in Bloemfontein sê hy het in 14 jaar wat hy reeds in die oliebedryf werksaam is, nog nooit die distrikte Bloemfontein, Soutpan en Dealesville so droog gesien nie.