“Ons het nie gedink dit gaan veel reën nie, en het op ete gegaan. Ná so 15 minute het dit al hoe harder begin reën, en ons het besef dat daar nie verder gewerk kan word nie.” Dié trekker het ’n pap wiel gehad en moes noodgedwonge in die land agterbly.

“Ons het sover in Februarie net 38 mm reën gehad, en in Januarie 104 mm. Dit is maar droog op die oomblik, maar alles hóú darem vir nou. Jy kan sien die graangewasse begin swaarkry,” vertel hy.

Die Pienaars boer hoofsaaklik met beeste en koring.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.