Volgens Coetzee was die klasse baie groot, met 30 of meer skape wat in die meeste klasse vertoon is, en die kompetisie dus baie straf.

Volgens mnr. Toit Wessels, Merino SA se aankondiger, was die gehalte van die skape bogemiddeld en is topramme en -ooie op die skou vertoon.

Landbouweekblad het drie klasse op die geleentheid geborg. Deelnemers was hoofsaaklik van die omgewing, maar ook van die Suid-Kaap, Oos-Kaap en so ver as Loeriesfontein in die Noord-Kaap.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.