Hulle het 7 minute gehad om soveel moontlik tee te sny. Hulle het altesaam 670,75 kg gesny, ’n gemiddelde van 39,45 kg per deelneemer. Nege deelnemers het elk meer as 40 kg gesny.

Mnr. Adrian Witbooi (24) van die plaas Elandsfontein het byna 9 kg tee per minuut gesny en was die wenner met 62,95 kg tee. Mnr. Rosvel Prima (26) was tweede met 61,95 kg en mnr. Frank Ndovu (27) derde met 58,9 kg.

Mnr. Krisjan Mouton, voorsitter van die Olyfenboschkraal-landbouvereniging, sê hulle beoog om die kompetisie volgende jaar na ’n groter gebied uit te brei, en hoop om meer landbouverenigings daarby te betrek.