“Dit klink vergesog, maar daar is mense wat aankoopbesluite moet neem wat geen idee het waar en hoe katoen verbou word nie,” sê mnr. Hennie Bruwer, uitvoerende hoof van Katoen SA.

Edcon is deel van die Volhoubare Katoen-inisiatief, wat tot stand gekom het toe die hele katoenwaardeketting in 2014 besluit het om saam te werk om die plaaslike bedryf van ondergang te red. Edcon het in 2016 betrokke geraak by ’n bestelling van 600 ton lint. Vanjaar gaan die groep 2 200 ton bestel.

Hier pluk mnr. Mike Elliott (regs), uitvoerende hoof van Edcon, katoen saam met lede van sy span op die plaas van mnr. Frans Malela. Saam met hom is van links mee. Venantia Scheepers, tegniese bestuurder en gehaltebestuurder van mans en sportontspanningsdrag, en Brenda Khumalo, tegniese bestuurder van kinderware.