Die simposium dien as ’n platform waar ’n verskeidenheid van die wêreld se voorste kenners studente toespreek oor onderwerpe soos natuurlewebestuur en die rol van die veearts by wild. Benewens die waardevolle inligting wat die sprekers bied, kry studente ook praktiese ondervinding.

“Dit is belangrik dat die student eerstehands kennis maak met wild, want dit sal lei tot professionele en gespesialiseerde sorg. Dit verseker ook dat studente geesdriftig raak oor die toekoms van wild, wat sal bydra tot die bewaring van Suid-Afrikaanse én internasionale natuurlewe vir geslagte lank,” sê mnr. Kyle Piears, ondervoorsitter van Symco, ’n nie-winsgewende organisasie van studente verbonde aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit veeartsenykunde se eerste simposium is in 1986 gehou.