Die maste, wat in China vervaardig is, het aan boord van die vragskip Rui Ning aangekom. Die turbines word in Swede en die lemme in Amerika vaardig.

Mnr. Mark Pickering, die hoofbestuurder van die windplaas, het in ’n nuusverklaring reisigers wat op die N2-roete tussen Port Elizabeth en Humansdorp reis, gewaarsku om nie die reuse-vragmotors wat die onderdele vervoer en tot 50 meter lank is, verby te steek nie.

Die onderdele vir die 60 windlaaiers wat opgerig word, sal van 22 Julie tot 31 Januarie met tussenposes op weeksdae aangery word. Motoriste wat die pad wil gebruik, kan op www.jeffreysbaywind.co.za die bygewerkte vervoerskedules besigtig.

Na verwagting sal die windplaas, wat elektrisiteit aan sowat 114 000 huishoudings kan verskaf, teen die middel van aanstaande jaar in bedryf gestel word.