Volgens mnr. André Jordaan, bestuurder van die Rogge Cloof-landgoed net buite Sutherland, het enkele stuks wild weens die koue, nat en winderige toestande gevrek.

Mnr. Jan van Wyk, ’n opkomende boer van dié distrik, het 22 varkies weens die koue verloor.

Op die plaas Wolwedans, ook in die Sutherland-distrik, het 11 lammers verkluim, maar me. Carin van der Merwe sê hulle is dankbaar vir die 27 mm reën wat op die plaas geval het.

In die distrik Sutherland is reënval van 8 mm tot 48 mm gemeet.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.