Die bestel verbied boere om hul skeersel aan enigiemand buiten die Lesotho-wolsentrum buite Maseru te verkoop.

Rapport berig dat minstens 20 boere in dié land reeds hul eie lewe geneem het weens die verlies aan inkomste wat dié verbod teweeggebring het.

Die regering het onlangs ’n moratorium van drie maande op die verbod aangekondig, maar die boere sê dit gaan hulle niks baat nie.

Die verbod duur voort ondanks ’n hooggeregshofbeslissing ten gunste van die boere.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.