Die boere het self in kontak gekom met ’n boer van Stander­ton, wat die voer geskenk het. Daar was egter geen vervoer om die bale 450 km na Schweizer-Reneke aan te ry nie.

Mnr. Chris Huysamen van die Standertonse onderneming Bras Trucking het een van sy vragmotors gratis beskikbaar gestel en ’n welwillendheidsorganisasie, Caring Daisies, genader om vervoer vir die res van die bale te help soek.

Me. Anria van Heerden, ’n makelaar wat dié organisasie vrywillig bedryf, het ’n beroep op Facebook gedoen, en die Pretoriase onderneming Vibro Bricks het ingespring en tien vragmotors gratis bewillig.

Caring Daisies het ook R60 000 bygedra tot die dieselkoste, en die onderneming Fast Freight ’n verdere R20 000.