Ek is ’n boer en is op soek na ’n blonde blom met groen oë. Ek wil haar inhaak en abba waar sy wil wees as sy bereid is om die lewensteiltes saam met my te kom klim.

Ek sal daarvan hou as sy saam met my deur die lewe sal ry, al is dit teen steiltes uit. Sy moet aktief wees en saam met my teen die berghange klim en terug draf oor die afdraande. Sy moet met die plantjies kan gesels om vir my ’n boodskap te stuur.

Ek is ’n 28-jarige man, 1,8 m, 81 kg, het ligbruin hare en ligbruin oë. Ek behoort tot die NHK. Asters 17 en ouer – ek sal hulle grootmaak as dit moet – kan van hulle laat hoor. Foto met eerste brief, asb.