Ek is 55, geskei, 1,6 m, 70 kg, het blougroen oë en bruin hare.

Ek hou van diere, musiek, rekenaars, braai, kuier, tuinmaak en kinders. Ek is ook lief vir uiteet, lewendige vertonings, fliek en om rustig tuis met my maat te verkeer.

Ek lyk goed vir my ouderdom en het 2 volwasse kinders wat reeds getroud is en werk. Tans woon ek en my 3 katte in ’n tuinwoonstel. Ek het reeds ’n knie- en heupvervanging gehad, maar loop sonder hulp en versorg myself.

My ideale maat is nie ’n bottelbaba, Pinnochio-mannetjie, ystervuis, skoorsteen of rokspant-man nie. Hy is ook nie bang vir persoonlike higiëne nie. Hy toon respek teenoor enige vrou en is ’n man wat vir sy vrou op elke gebied sal sorg, nie andersom nie. Ek moet weet ek kan hom vertrou en respekteer.

Ek soek ’n ordentlike man wat my alles kan wees. Inruil kry hy natuurlik dieselfde van my kant af.

Ek hou my posbussie met valkoë dop.