In 1958 sien hy in die Opsitkers ’n brief van ’n dame in wie hy belang stel. Hy het ’n jaar lank met haar gekorrespondeer. Sy was ’n verpleegkundige in Kimberley. 

In September 1959 kry hy ’n geleentheid om by haar te gaan kuier. Op pad terug, net voor die trein vertrek, vra hy haar om met hom te trou. In Desember sien hy haar vir ’n tweede keer. Hulle is toe onderweg na Patensie, waar haar ouers gewoon het, en is die 26ste Desember daar getroud.

"Ek is tans 89 en sy word 82 en deur die Here se genade leef ons nog van ons rente en woon steeds in ons huis. Hier sal ons bly so lank as wat ons nog vir onsself kan sorg."

* Hierdie artikel het oorspronklik in die Landbouweekblad van 1 Augustus 2014 verskyn.