Ek is ’n 21-jarige boerseun van die Oos-Kaap en was nog nooit getroud nie. Ek weeg 64 kg en is 1,7m lank. Ek het blou oë en bruin hare. Ek en my ouers boer met skape, varke en melkbeeste.

Ek is lief vir die buitelewe en om met diere te werk. Ek is hardwerkend en het ’n sin vir humor. Ek is liefdevol en het ’n goeie persoonlikheid. Ek geniet dit om te braai, 4x4 te ry, te kampeer en om net rustig te wees. Ek is nie ’n drinker of roker nie en behoort tot die NGK.

Ek verlang ’n vrou met dieselfde passies as ek, iemand wat op ’n plaas kan aard en nie bang is om haar hande vuil te maak nie. 

Asters, 19 tot 22, is welkom om van hulle te laat hoor.