Mev. Nicolene Eloff, hul naasoudste dogter, het die foto ingestuur nadat ’n foto en die verhaal van die egpaar se wittebrood ’n halfeeu gelede, toe hulle met hul vee op die trekpad in Boesmanland was, in die rubriek Van Toeka se Tyd (LBW, 21 November) verskyn het.

Volgens Nicolene gaan dit goed met haar ouers en is hulle gesond. Haar pa boer volstoom met groente in sy agterplaas. Die egpaar het vier kinders – mev. Marinda Venter, Nicolene, mnr. Benjamin Maass en mev. Hannelize Jordaan.

Die plaas Smousvlei by Pofadder waar die egpaar geboer het, is nog in die familie se besit. Mnre. Arno Maass en Jan Visser, kleinseuns van onderskeidelik Hendrik se broer en suster, boer elk op ’n deel van die plaas.

* Hierdie artikel het oorspronklik in die Landbouweekblad van 13 Februarie 2015 verskyn.