ek soek vriende, 65 en ouer. Ek het geen voorkeure nie, hy moet net tot ’n kerk behoort, skoon en netjies wees. Hy mag sy wyntjie of iets dergliks daagliks geniet. Hy mag rook, maar alles moet matig wees.

Ek is ’n openlike, reguit mens wat graag lag en ’n goeie sin vir humor het. Ek is 68, 1,65 m, 60 kg, het ligbruin oë en ligbruin hare wat net nie wil grys word nie. 

Ek hou van die lewe, fliek, uiteet, dans en om lekker te gesels. Verder hou ek ook van tuinmaak en reis.

Ek is ’n mens wat hou van fisieke kontak en hy moet dus nie skaam wees om my hand vas te hou nie. Ek kook graag en hou van ’n mooi gedekte tafel met kerse. Ja, ek is ’n opperste romantikus. 

Saggeaarde, humoristiese, opregte mans kan van hulle laat hoor.