Ek is ’n aantreklike vrou wat haarself onderhou en wil graag mense buite my dorp ontmoet.

My maat kan maar ’n bierpensie hê, maar moet darem fiks genoeg wees om by my haastige pas te kan byhou. Intelligente geselskap sal beslis in sy guns tel en hy moet finansieel selfonderhoudend wees. Hy moet ook ’n veelsydige belangstellingsveld hê, maar hy moet beslis godvresend wees.

Ek is huisopsigter, 48, maar lyk soos 35, 1,65 m, 65 kg, het groenbruin oë en donkerbruin hare. Ek behoort tot die NGK.

Betroubare, lewenslustige mans, 50 tot 60, wat by my jong geaardheid sal pas en wat tot een van die susterkerke behoort, kan skryf. Hy mag ’n drankie per geleentheid geniet.