Machiel, haar man, was geskei met drie kinders, het in Bloemfontein gewoon en was ook baie alleen. Hy koop toe Landbouweekblad en sien my beriggie en so het hulle aan mekaar begin skryf.

Oor die Paasnaweek in April 1991, wat ’n langnaweek was, het hy en die een kind wat hy grootgemaak het, vir Ursula in Marquard kom kuier. Dit was die begin van hulle twee se lewe saam. "Ek was bang, maar het gebid en vir ’n goeie man gevra."

Op 31 Mei 1991 het hulle verloof geraak en op 28 Desember 1991 is hulle getroud. Hulle is nou reeds 23 jaar saam. "Die Here het vir my die heel beste man gegee."

Baie dankie vir die Opsitkers, want sonder julle sou ek dalk nog alleen gewees het.

* Hierdie artikel het oorspronklik in die Landbouweekblad van 22 Augustus 2013 verskyn.