Mnr. James en mev. Arina Dunn woon daar saam met hul geliefde hond, Stoffel. Arina sien in amper alles ’n moontlikheid raak en as jy voor hul huisie verbystap, kan jy dadelik sien James was ’n landbouer.

Joey van der Westhuizen skryf in die oord se kwartaalblad, Die Montana Akker, Arina het in ’n Landbouweekblad by haar ouerhuis op Tierpoort, buite Pretoria, die rubriek “Opsitkers” gelees. Sy en haar vriendin het daarna ook vir penmaats ingeskryf.

“Soekie” (haar skuilnaam) het bruin koeverte vol briewe ontvang. Tussen die briewe was daar ’n enkel velletjie van James Dunn, ’n jong boer van Tzaneen. Arina het voorspel hulle was vir mekaar bestem.

Ondanks die feit dat hy Engels was en hulle al twee “swaar gekys” was, het hulle afgespreek om mekaar te ontmoet. Hulle is op 7 Desember 1957 getroud en het twee kinders.

* Hierdie artikel het oorspronklik in die Landbouweekblad van 18 Maart 2011 verskyn.