Ek soek ’n wedergebore vrou wat ook al die swaar van die lewe ervaar het, en wat baie liefde kan gee en ontvang. Ek soek nie die soort wat ringe om die toontjies, in die naeltjie, oortjies, tong en veral aan die neus dra nie.

Dit laat my dink aan die bul wat ek op die plaas gehad het. As ek sy neusring vashou, is hy so mak soos ’n lam, maar pasop as jy hom los. 

Ek besit my eie huis en ’n ordentlike motor en het geen skuld nie. Manie, jy moet my asseblief help, want ek wil nie weer volgende Kersfees en Nuwejaar alleen wees nie.

Ek is ’n 75-jarige wewenaar, pensioentrekker, 1,85 m, 100 kg, het bruin oë en blonde hare. Ek behoort tot die AGS. Ek hou van rugby, TV kyk, krieket, braai, reis en mooi musiek.

Dierbare, Godvresende vroue, 60 tot 70, van Noordwes, wat mooi van binne en vol liefde is, kan skryf.