Ek is vroulik en geskei, by die 50 jaar-merk verby. Ek behoort tot die NG kerk. My lengte haal die 1,73 meter-merk; my oë is groen, en ek dra 83 kg op my skoen.

Vir Jesus het ek lief en sien die lewe as positief; ek geniet dit tussen mense; en reis oor onbekende grense. 

My dae is gevul met laggies en grappies; en moenie jou tyd mors met klein jakkalsies. My leuse: Moenie aan ander doen nie; wat jy nie aan jou self gedoen wil hê nie.

Iemand wat Jesus liefhet en saam met my ’n kerkbank kan beset, is die maat wat ek wil hê. Verkieslik langer as 1,8 m, sou ek sê; lief is vir die lewe; die mooi raaksien en optimisties lewe. Na homself kyk en netjies is en finansieel onafhanklik is. 

Sal ’n foto saam met brief waardeer, sodat ek darem kan sien met wie ek kommunikeer.