My hele lewe droom ek oor ’n ridder, sjarmant, geletterd en ’n ware romantikus wat my in sy arms kom opraap en na sy kasteel in die berge wegvoer. Miskien is die ridder se perd nie meer so wit en vurig nie en die ou dier se rug so ’n bietjie ingesak – maar dis die hart van my ridder wat saak maak – warm en opreg. Sy ja moet ja wees en sy nee moet nee wees.

Ek is ’n saggeaarde vrou met ’n sterk wil, kunstig en geletterd. Ek hou daarvan om mense te onthaal en geliefdes te bederf. Ek is aantreklik en doen moeite om die mooi in die lewe uit te bring.

My verhouding met my Skepper is baie belangrik. Ek kan vir myself sorg en hou nie daarvan om skuld te maak nie. 

Mans, 55 en ouer, kan van hulle laat hoor. Alle briewe sal beantwoord word. Geen pensioentrekkers of kansvatters nie, asb.