Daar is in die Landbouweekblad van 30 Maart 2001 berig dat die besluit om 'n omstrede grondonteieningsbevel teen 'n boer van Mpumalanga terug te trek, 'n wending in die grondhervormingsproses was - 'n proses waarvan die belangrikheid steeds nie onderskat moet word nie.

"Die sein wat die Regering hiermee uitstuur, is dat hy begrip toon vir boere se sensitiwiteit oor grondonteiening en bereid is om daaroor te onderhandel, eerder as dat dit in konflik eindig," lui die artikel.