Uit: Landbouweekblad, 19 Augustus 1969

Tafelaartappels word sedert 1 Augustus 1969 volgens die stelsel van metrieke mate verkoop, luidens ’n verklaring deur die metriseringsafdeling van die Suid-Afrikaanse buro van standaarde.

Die minimum-netto inhoud van ’n sakkie tafelaartappels is op 15 kilogram vasgestel. Die nuwe metrieke aartappel-sakkie bevat sowat 2 kg minder aartappels en is 127 mm korter as die ou sakkie.

Dr. S.J. du Toit, bestuurder van die metriseringsafdeling, het daarop gewys dat boere by die aankoop van nuwe meet- en weeginstrumente, soos skale, meetbande en termometers, op metrieke toerusting moet aandring.

Volgens hom sal enige nie-metrieke instrument wat nou gekoop word, in die toekoms van weinig waarde wees.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.