As ’n man nie die wêreld se grond het om te bewerk nie, betaal sulke duur gereedskap nie. Hy glo aan sy span Afrikaners voor die ploeg.

Hulle gaan staan nie in die land nie. Die jukke sak as ’n mens hulle op die naam roep en hulle doen die werk net so deeglik – miskien nie presies so vinnig soos die trekker nie, maar of dit droog, nat of selfs moddernat is, hulle val nie vas nie.

Geduldig, gedienstig, gedwee – só stap hulle aan. En les bes: Terwyl sy medeboere se trekkers se bande slyt en die waarde daarvan met byna elke werksuur krimp, word sy Afrikaners elke seisoen groter en beter van bouvorm.

Botha sê hy dink nie dit betaal ’n kleinboer soos hy om hope geld in duur gereedskap, soos trekkers en allerhande “fensie” werktuie, te belê nie. Hy bewerk “elke duim” van sy 48 morg (sowat 41 ha) besproeiingsgrond. Hy is grootliks ’n sojaboonkweker.

Uit: Landbouweekblad, 20 Mei 1969

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.