Soveel so dat sy pa hom die kwaaiste drag slae van sy lewe gegee het nadat hy eendag speel-speel met ’n volstruisskop sy pa se Jerseybul grond toe gestuur het, word daar vertel in ’n artikel in die Landbouweekblad van 4 Junie 1963 verskyn het.

Bamberger moes ná sy troue sonder werkers werk. Toe die mieliesakke in die oestyd op die dorsvloer staan, moes hy die mielies man-alleen sak vir sak op die wa laai en wegry – vyftig sakke per vrag en drie vragte per dag. Toe sy pa daarna van die petalje hoor, het hy hom die hand gegee en gelukgewens.

Bamberger het saam met sy pa die werk van vyf tot agt werkers gedoen. Die kragman, wat gemiddeld 83 kg geweeg het, kon reeds op 19-jarige ouderdom 152 kg bo sy kop uitstoot. As hy sy arms gevou het, kon twee sessilindermotors nie sy arms van mekaar trek nie.