Die bygaande foto het in Die Landbouweekblad van 23 April 1963 verskyn.

Die Hardap is in die Visrivier en sowat 20 km noordwes van Mariental, hoofdorp van die Hardapstreek. Die dam het ’n opvanggebied van 13 600 km2, ’n grondwal van 862 meter lank, ’n wateroppervlakte van 25 vierkante meter en ’n bakmaat van 320 miljoen kubieke meter.

Florerende besproeiingsboerderye (veevoer, mielies, vrugte en groente) het sedertdien by die dam ontstaan. ’n Vakansie-oord en ’n wildreservaat is ook daar ontwikkel. Die dam verskaf water en elektrisiteit aan die omgewing.