Die rivier het ’n heeltemal nuwe loop geneem omdat die oue toegeslik het, en met die krag van miljoene liter water die nuwe rivierbedding oopgeruk en ontelbare tonne sand op die lande uitgespuug.

Dit het mnr. Visagie jare gekos om die sand met ’n kruiptrekker en ’n reuse-, spesiaal vervaardigde skaarploeg van 3 vt. 6 dm. om te dolwe. 

Vandag, sewe jaar ná die vloed, is die stryd gewonne. Die ramp was ’n bedekte seën. Deurdat die swaar slikgrond met sand “verdun” is, groei lusern vandag op hierdie plaas soos nog nooit tevore nie.

Trouens, dit groei só goed dat mnr. Visagie nie meer ’n pit koring saai nie, maar net lusern vir sy skape kweek. Die rolbosse groei ook beter as ooit.

In 1968 loop 4 000 Merino’s op welige lusern waar
In 1968 loop 4 000 Merino’s op welige lusern waar eens kaal duine was.