Dié spogbul se eienaar, mev. L.M. Wilkinson van Bandelierkop, Louis Trichardt, het onlangs ’n aanbod van vier keer soveel vir hom geweier.

Haar seun, mnr. Julian Rowney, die man wat Vern Og in Brittanje gaan koop het, vertel dat hulle die bul op 31/2-jarige ouderdom na Suid-Afrika gebring het.

In die hartjie van die Britse winter is Vern Og oorkant op die skip gelaai. Daar is verwag dat hy op daardie ouderdom baie moeilik plaaslik sou aanpas — die streek het ’n strawwe, warm, droë klimaat, en bosluissiektes, soos hart- en rooiwater, kom in die ergste graad voor.

Vern Og, nou elf jaar oud. In een stadium het hy sy eienaars byna grys hare gegee, maar vandag is hy ’n bul duisend.

Die eerste drie maande wou Vern Og glad nie eens na ’n koei kyk nie. “Ons het byna almal grys geword. Ons het gesoebat en allerhande planne gemaak, maar Vern Og wou niks weet nie. Toe kom die winter, en ou Vern raak weer op sy stukke,” sê Rowney.

* Uit: Landbouweekblad, 25 Maart 1969

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.