Haar man, mnr. Boet Oosthuizen, gebruik die water om onder meer katoenlande te besproei. Mielies is die plaas se hoofvertakking, maar die katoen is hul sekuriteit teen misoeste en droogte.

Boet beveel aan dat mielieplase met die nodige water en arbeid ook die vertakkings koring, grondbone en ’n intensiewe veeboerdery oorweeg om die onbestendigheid van mielies te probeer neutraliseer.

’n Oorskot katoen hoef nie gou gevrees te word nie, want Suid-Afrika moet in hierdie stadium nog ’n groot hoeveelheid invoer. 

En 'n interessante brokkie van die Suid-Afrikaanse Wolraad wat in dieselfde uitgawe gedeel is:

Die Suid-Afrikaanse Wolraad skryf kort voor die winter van 1969 oor die kies van komberse. Begin vroegtydig kyk in watter toestand jou komberse is. Dié een kan miskien droogskoon- maker toe, en dáárdie een is regtig nou al só verslyt dat hy net vir ’n strykplank of onder ’n ma- tras diens kan doen. Of ’n kombers warm is, behoort nie die enigste oorweging by die koop daarvan te wees nie. Dit moet soos ’n vriendskap beoordeel word: Lang lewensduurte, sterkte en warmte. En, vir die bedrokers: Is dit brandbestand?

Uit: Landbouweekblad, 15 April 1969